Naam Legkaarte
Ek het verskillende naam “legkaarte” gemaak vir my
dogtertjie (4) om haar naam vir haar te leer. Sy nog te jonk om te skryf en wou haar nie deurmekaar maak nie.
1. Ek het ‘n stuk afval karton geneem, haar naam met feltpen
op gekryf en dit verdeel met patrone. Op die patrone langs geknip sodat dit
legkaart vorm.
2. Ek het ‘n blom geteken op wit papier, die dele uitgeknip,
afgetrek op gekleurde papier en weer uitgeknip. Op elke blaar is ‘n letter van
haar naam. En die middel het ek haar naam geskryf sodat sy die volgorde kan sien.
3. Ek het ‘n hasie geteken en op die rug langs haar naam
geskryf. Op wasgoedpennetjies het ek die letters van haar naam geskryf en sy moet hul
vasknyp op die regte letter. Lekker fynmotoriese oefening vir daai vingertjies.
4. Ons gebruik langlewe melk in die huis. Ek het die karton
waar die 6 boksies inkom se kant gebruik vir agtergrond. Die ses boksies se
proppe asook die skroefgedeelte afgehaal. Ek het die skroefgedeelte op die
karton vasgeplak. Haar naam geskryf sodat sy volgorde kan sien. ‘n Ronde plakker op elke proppie
geplak met ‘n letter van haar naam. En sommer net vir die mooi ‘n prentjie van
ou geskenkpapier bygeplak. Sy draai die proppies in die regte volgorde op om
haar naam te spel.
Na min of meer 3 weke van speel met die legkaarte het sy
self haar eie naam begin skryf. Nou werk ons aan die korekte lettervorming…
Baie geluk met jou eerste blogpost! Dis pragtig.
AntwoordVee uitBaie danie Lena wardeer dit baie.
Vee uit