Naam Legkaarte

Ek het verskillende naam “legkaarte” gemaak vir my dogtertjie (4) om haar naam vir haar te leer. Sy nog te jonk om te skryf en wou haar nie deurmekaar maak nie.

1. Ek het ‘n stuk afval karton geneem, haar naam met feltpen op gekryf en dit verdeel met patrone. Op die patrone langs geknip sodat dit legkaart vorm.


2. Ek het ‘n blom geteken op wit papier, die dele uitgeknip, afgetrek op gekleurde papier en weer uitgeknip. Op elke blaar is ‘n letter van haar naam. En die middel het ek haar naam geskryf sodat sy die volgorde kan sien.


3. Ek het ‘n hasie geteken en op die rug langs haar naam geskryf. Op wasgoedpennetjies het ek die letters van haar naam geskryf en sy moet hul vasknyp op die regte letter. Lekker fynmotoriese oefening vir daai vingertjies.


4. Ons gebruik langlewe melk in die huis. Ek het die karton waar die 6 boksies inkom se kant gebruik vir agtergrond. Die ses boksies se proppe asook die skroefgedeelte afgehaal. Ek het die skroefgedeelte op die karton vasgeplak. Haar naam geskryf sodat sy volgorde kan sien. ‘n Ronde plakker op elke proppie geplak met ‘n letter van haar naam. En sommer net vir die mooi ‘n prentjie van ou geskenkpapier bygeplak. Sy draai die proppies in die regte volgorde op om haar naam te spel.


Na min of meer 3 weke van speel met die legkaarte het sy self haar eie naam begin skryf. Nou werk ons aan die korekte lettervorming…

Opmerkings

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

Getalle bootjies

Getalle Tuin