Getalle Tuin

Van ‘n papboks tot ‘n prettige getalle speletjie. Hoe groter jy dit maak hoe meer pret sal dit vir die kleingoed wees.


Sny een kant van die boks af. Teken prentjies op. Ek het blomme en skoenlappers gebruik. Eers met potlood gedoen en nadat ek tevrede was dit my swart feltpen oorgegaan. 


 Kleur helder in met kryte/potlode of verf dit. Wees kreatief…


Teken sirkels met ‘n deursnee van 1/1½cm op wit papier met ‘n feltpen. Knip uit. Ek het 31 kolle gebruik.


Plak die kolle in patrone van 1 tot 6. Jy kan dit oortrek met plak plastiek of lamineer vir beskerming.


Hoe om te speel:
Jy benodig jou sagte dobbelsteen of enige dobbelsteen, boontjie/klippies/tellers…
Gooi dobbelsteen, tel hoeveel kolle daar is.
Soek die blom of skoenlapper met dieselfde aantal kolle.
Pak boontjies op die kolle.
Gooi weer die dobbelsteen. Herhaal tot al die kolle vol boontjies is.
Lekker speel!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Naam Legkaarte

Getalle bootjies