Plasings

Getalle bootjies

Prent
 Vir die seuntjies sal die een beter werk… Selfde soos vir die Getalle Tuin het ek ‘n papboks se kant geneem en die bootjies op geteken eers met potlood en toe met swart feltpen. Daarna het ek dit begin helder inkleur. Gebruik vetkryt/potlode/verf net wat jy wil. Hier is ‘n naby foto van die bootjies… Ek het die onderkant van die bootjies uitgevee en vervang met ‘n brander… Op elke boot se vlaggie het ek ‘n nommer geskryf. Kleur die hele prentjie vrolik in. Ek het hierdie keer sterre plakkers gebruik in plaas van kolle. Let op die selfde aantal plakkers vir die getal in die vlaggie. Dit kan op dieselfde manier gespeel word as die Getalle Tuin. Of Tel die sterre. Kies die regte nommer magneet en plaas op die bootjie. Lekker speel!

Getalle Tuin

Prent
Van ‘n papboks tot ‘n prettige getalle speletjie. Hoe groter jy dit maak hoe meer pret sal dit vir die kleingoed wees. Sny een kant van die boks af. Teken prentjies op. Ek het blomme en skoenlappers gebruik. Eers met potlood gedoen en nadat ek tevrede was dit my swart feltpen oorgegaan.    Kleur helder in met kryte/potlode of verf dit. Wees kreatief… Teken sirkels met ‘n deursnee van 1/1½cm op wit papier met ‘n feltpen. Knip uit. Ek het 31 kolle gebruik. Plak die kolle in patrone van 1 tot 6. Jy kan dit oortrek met plak plastiek of lamineer vir beskerming. Hoe om te speel: Jy benodig jou sagte dobbelsteen of enige dobbelsteen, boontjie/klippies/tellers… Gooi dobbelsteen, tel hoeveel kolle daar is. Soek die blom of skoenlapper met dieselfde aantal kolle. Pak boontjies op die kolle. Gooi weer die dobbelsteen. Herhaal tot al die kolle vol boontjies is. Lekker speel!

Sagte Dobbelsteen

Prent
Hierdie materiaal dobbelsteen is lekker groot vir klein handjies en kan op verskeie maniere gebruik word. Gebruik enige materiaal van jou keuse, ek het sommer 'n ou denim se broekspyp gebruik. Knip ‘n karton vierkant met ‘n deursnee van 8cm vir ‘n templaat. Trek 6 blokke op die materiaal en knip uit. Ek het verskillende knopies op elke kant gebruik, dis jou keuse wat jy wil gebruik. Werk vas in patrone van 1 tot 6. Nou kan jy die blokkies aanmekaar werk. Dis makliker om eers al die blokkies aanmekaar te werk en daarna vas te werk vir vorm. Hou een naat oop vir opstop. Gebruik enige opstop materiaal en stop. Werk laaste naat toe en siedaar! ‘n Lekker sagte dobbelsteen vir die kleingoed.  Hou my blog dop vir idees hoe om hierdie dobbelsteen te gebruik…

Naam Legkaarte

Prent
Ek het verskillende naam “legkaarte” gemaak vir my dogtertjie (4) om haar naam vir haar te leer. Sy nog te jonk om te skryf en wou haar nie deurmekaar maak nie. 1. Ek het ‘n stuk afval karton geneem, haar naam met feltpen op gekryf en dit verdeel met patrone. Op die patrone langs geknip sodat dit legkaart vorm. 2. Ek het ‘n blom geteken op wit papier, die dele uitgeknip, afgetrek op gekleurde papier en weer uitgeknip. Op elke blaar is ‘n letter van haar naam. En die middel het ek haar naam geskryf sodat sy die volgorde kan sien. 3. Ek het ‘n hasie geteken en op die rug langs haar naam geskryf. Op wasgoedpennetjies het ek die letters van haar naam geskryf en sy moet hul vasknyp op die regte letter. Lekker fynmotoriese oefening vir daai vingertjies. 4. Ons gebruik langlewe melk in die huis. Ek het die karton waar die 6 boksies inkom se kant gebruik vir agtergrond. Die ses boksies se proppe asook die skroefgedeelte afgehaal. Ek het die skroefgedeelte op die k