Getalle bootjies

 Vir die seuntjies sal die een beter werk…


Selfde soos vir die Getalle Tuin het ek ‘n papboks se kant geneem en die bootjies op geteken eers met potlood en toe met swart feltpen. Daarna het ek dit begin helder inkleur. Gebruik vetkryt/potlode/verf net wat jy wil.


Hier is ‘n naby foto van die bootjies… Ek het die onderkant van die bootjies uitgevee en vervang met ‘n brander… Op elke boot se vlaggie het ek ‘n nommer geskryf.


Kleur die hele prentjie vrolik in. Ek het hierdie keer sterre plakkers gebruik in plaas van kolle. Let op die selfde aantal plakkers vir die getal in die vlaggie.


Dit kan op dieselfde manier gespeel word as die Getalle Tuin.
Of
Tel die sterre.
Kies die regte nommer magneet en plaas op die bootjie.
Lekker speel!


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Naam Legkaarte

Getalle Tuin