Sagte Dobbelsteen

Hierdie materiaal dobbelsteen is lekker groot vir klein handjies en kan op verskeie maniere gebruik word.


Gebruik enige materiaal van jou keuse, ek het sommer 'n ou denim se broekspyp gebruik. Knip ‘n karton vierkant met ‘n deursnee van 8cm vir ‘n templaat. Trek 6 blokke op die materiaal en knip uit.


Ek het verskillende knopies op elke kant gebruik, dis jou keuse wat jy wil gebruik. Werk vas in patrone van 1 tot 6.


Nou kan jy die blokkies aanmekaar werk. Dis makliker om eers al die blokkies aanmekaar te werk en daarna vas te werk vir vorm. Hou een naat oop vir opstop. Gebruik enige opstop materiaal en stop. Werk laaste naat toe en siedaar! ‘n Lekker sagte dobbelsteen vir die kleingoed. 


Hou my blog dop vir idees hoe om hierdie dobbelsteen te gebruik…

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Naam Legkaarte

Getalle bootjies

Getalle Tuin