Getalle Tuin
Van ‘n papboks tot ‘n prettige getalle speletjie. Hoe groter
jy dit maak hoe meer pret sal dit vir die kleingoed wees.
Sny een kant van die boks af. Teken prentjies op. Ek het
blomme en skoenlappers gebruik. Eers met potlood gedoen en nadat ek tevrede was
dit my swart feltpen oorgegaan.
Kleur helder in met kryte/potlode of verf dit. Wees kreatief…
Teken sirkels met ‘n deursnee van 1/1½cm op wit papier met ‘n
feltpen. Knip uit. Ek het 31 kolle gebruik.
Plak die kolle in patrone van 1 tot 6. Jy kan dit oortrek met plak plastiek of
lamineer vir beskerming.
Hoe om te speel:
Jy benodig jou sagte dobbelsteen of enige dobbelsteen,
boontjie/klippies/tellers…
Gooi dobbelsteen, tel hoeveel kolle daar is.
Soek die blom of skoenlapper met dieselfde aantal kolle.
Pak boontjies op die kolle.
Gooi weer die dobbelsteen. Herhaal tot al die kolle vol
boontjies is.
Lekker speel!
Opmerkings
Plaas 'n opmerking