Getalle bootjies
Selfde soos vir die Getalle Tuin het ek ‘n papboks se kant
geneem en die bootjies op geteken eers met potlood en toe met swart feltpen.
Daarna het ek dit begin helder inkleur. Gebruik vetkryt/potlode/verf net wat jy
wil.
Hier is ‘n naby foto van die bootjies… Ek het die onderkant
van die bootjies uitgevee en vervang met ‘n brander… Op elke boot se vlaggie
het ek ‘n nommer geskryf.
Kleur die hele prentjie vrolik in. Ek het hierdie keer
sterre plakkers gebruik in plaas van kolle. Let op die selfde aantal plakkers
vir die getal in die vlaggie.
Dit kan
op dieselfde manier gespeel word as die Getalle Tuin.
Of
Tel die sterre.
Kies die regte nommer magneet en plaas op die bootjie.
Lekker speel!
Opmerkings
Plaas 'n opmerking